Local sportSport

Avion se krieketspanne se uitslae

Dean Pienaar moker 54 van 24 balle

AVIONPARK Krieketklub se voorsitterspan het die naweek met 21 lopies teen Cambridge verloor, ondanks Dean Pienaar se blitsige 54 van net 24 balle.

Die Colts het hul wedstryd teen United A gewen. Avion het eerste gekolf en 203

lopies aangeteken.

Die twee beste kolwers was Francois Marais (77) en Miguel Stoman (51).

United is daarna almal uit vir 108. Avion se beste boulers was Alre Theron (2/13 in 6

beurte), Devon Pienaar (2/15 in 4 beurte) en Miguel Stoman (2/17 in

7 beurte).

Die junior spanne se uitslae was:

O/8A wen klop Boksburg. Avion 113/8; Boksburg 68/8. Shaun Nash 30 en 1/3, Keagan 13 en Leo de Bruyn 14* en 1/5.

O8/B wen Champions met 137 lopies. Avion 173 lopies. Donavan Stahnke 33* en 2/2, JP du Plessis 28*, Edrich de Klerk 23, Jaimi Coertse 3/6 en twee mooi vangskote en PG Le Roux 1/6.

O/8C verloor teen Kempton met 7 paaltjies.

O/10 superliga wen teen United. Werner Joubert 21*, Schalk Bezuidenhout 16, Handre van Eck 2/14, Regard Nel 2/25.

Hulle het vroeƫr met 4 paaltjies in die laaste beurt teen Benoni verloor. Werner Joubert 61 en 1/22, Franco Trollip 14*, Handre van Eck 14 en 1/35, Regard Nel 2/18.

O/12 superliga verloor teen SOB met 8 paaltjies. Richard Bulkin 28, Marco Kruger 22, Justin van der Westhuizen 1/13, Rikus Wessels 1/24.

Hulle het die vorige week net-net teen Benoni met drie lopies verloor. Zander Cronje 55, Jay-Dee Oliver 31, Marco Kruger 2/18, Jeandre Byleveldt 1/11 en Rikus Wessels 1/23.

O/12A verloor teen Actonville.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button