Local sportSport

Reën beïnvloed Avion se wedstryde

Promosiespan wen met ses paaltjies

NAT velde en donderstorms het die naweek verskeie van Avionpark Krieketklub se wedstryde in die wiele gery.

Die promosiespan het met ses paaltjies met United afgereken. Avin se uitblinkers was Wilhelm Bester (70), Brandon Harwood (54), Jason van Buuren (3/27) en Leo Jacobs (3/47).

Juniors:

O8/B wen SOB met 13 lopies. Avion kolf eerste en teken 119 lopies aan. Jacques Hutton 37*, Edrich de Klerk 21, Donavan Stahnke 2/11, Ewhan O’Connel 1/6, Driaan Swanepoel 1/14 en Marko Deijs 1/13.

O/10 superliga wen Duduza met 71 lopies. Avion teken 180/6 aan. Janco du Preez 50 (47), Ryan Smith 26 (30) en Ivahn van der Merwe 21 (21).

Duduza kon net 109/3 aanteken met Regard Nel (2/8 in 4) en Werner Joubert (1/13 in 5) die beste boulers.

O/10B speel gelykop teen Boksburg in ‘n naelbytstryd wat tot na die laaste bal gelykop was. Boksburg teken 121/10 aan en Avion antwoord met 121/8, waar hulle 3 lopies van die laaste bal af moes kry.

Die beste boulers was Dian 3/15, Waldo 2/10 en Lwandile 1/19. Met die kolf kon Llewelyn (39*) en Keagan (20*) net nie die wenlopies kry nie.

O/12 superliga verloor met 8 paaltjies teen United. Avion 110/9. Beste kolwers was Jeandre Byleveldt met 35 en Richard Bulkin met 27.

Die beste boulers was Jay-Dee Oliver met 1/8 en Marco Kruger met 1/21.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button