Avion se krieketspanne loop hulle rieme styf
O/12 superliga klop Boksburg met een lopie

AVIONPARK Krieketklub se Colts- en voorsitterspanne het die naweek hul rieme styfgeloop teen hul teenstanders.
Die Colts het ‘n onoorwonne Benoni Northerns aangepak. Avion, wat eerste gekolf het, is in 27 beurte vir slegs 109 uitgeboul.
Benoni het 113/6
met net nege balle oor geslaan.
Zander Smith (25), Ettiene du Plessis (30) en Duncan
Horne (17) was die beste kolwers vir Avion, terwyl die uitblinkers met die bal Miguel Stoman (2/33 in 5), Zander Cronje
(2/4 in 2) en Luan Brits (1/8 in 5) was.
Die voorsitterspan het teen Nigel verloor. Nigel het eerste gekolf en was in 32.2 beurte vir 186 terug in die pawiljoen.
Jaco Roberts
het uitgeblink met 4/32 in 8. Hy is goed bygestaan deur Courtney Bam (2/25 in 5).
Avion is vir 159 uitgeboul met Derrick Gevers (33) en Bam (31) wat die enigste weerstand gebied het.
Juniors
O8/B wen Kempton 1 met 29 lopies. Avion 89. Jaimi Coertse 25 en 1/9, Ewhan O’Connel 2/4, Donovan Stahnke 11* en 3/10, Werno Pretorius 1/2 en JP du Plessis 1/3.
O/10 superliga verloor teen Boksburg. Boksburg 98/8. Janco du Preez 2/9.
Avion 72/10. Ivahn van derMerwe 12*.
O/10 A verloor teen Champions.
Avion O/12 superliga klop Boksburg met een lopie. Avion 137 almal uit. Boksburg 136/8.
Beste kolwers was Richard Bulkin met 33 en Rikus Wessels met 20. Beste boulers was Rikus Wessels 2/9, Jeandre Byleveldt 1/11 en Stehan du Preez 1/10.
