Local sportSport

Avion se Colts speel vuurwarm krieket

Duncan Horn met 56 was die topkolwer

AVIONPARK Krieketklub se Colts het die naweek net 18 beurte nodig gehad om CBC te klop.

Die Colts het die loot gewen en CBC ingestuur om te kolf. CBC is in 22 beurte vir slegs 118 uitgeboul.

Duncan Horn (3/9 in 6) en Miguel Stoman (2/16 in 5) was die voorste boulers. Zander Smit, Devon Pienaar, Keagan Martins en Luan Britz het elkeen een paaltjie gevat.

Avion het in 18 beurte 119/2 om met agt paaltjies te wen. Duncan Horn met 56 was die topkolwer. Zander Smith (38*) en Devon Pienaar (19*) het ook goed gekolf.

Juniors

O/8A klop Kempton met agt paaltjies. Kempton 79/10. Avion 82/4 in die 11dee beurt. Die beste spelers was Jacques Hutton (34* en 1/12 in 3), Shaun Nash (19 en 3/3 in 3) en Tarquin Berning (7 en 1/4 in 2).

O/8C verloor met 84 lopies teen Bakerton. Bakerton 141/2 (Wian de Kock 1/6, Hayden Cornelius 1/20). Avion 57 (Juan Coetzee 14*, Heinrich Boshoff 13).

O/10 superliga verloor met 9 lopies teen Kempton in ‘n spannende wedstryd. Kempton 125/6. Avion 116/9.

Die beste spelers was Handre van Eck (2/21 en 16), Werner Joubert (1/18), Regard Nel (1/22), Ivahn van der Merwe (20), Ryan Smith (14), JP Pienaar (12).

O/12 superliga vs Kempton Vrydagaand het uitgereën.

0/12A verloor met 3 paaltjies teen Benoni Northerns. Avion 113/9. Benoni Northerns 114/7.

Die beste spelers was Ruan (35), Arno (24), Mnene (2/16 in 5) en Johan Kruger (2/7 in 4).

Prysuitdeling

Avion Junior Krieketklub nooi alle lede en hul families uit na sy jaarlikse prysuitdeling en algemene jaarvergadering om 5.30nm op 12 Maart by Laerskool Kruinsig.

Dit is ‘n verkiesingsjaar en die volgende posisies is beskikbaar: voorsitter, ondervoorsitter, sekretaris, tesourier en klubkaptein.

Belangstellendes kan Sunette kontak by sunette@sadietician.co.za vir nominasievorms en voorstelle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button