School sportSport

Kempie-skuts het hul oog goed in

Die Engels Debat SACEE-liga het Saterdag by Willowmoore afgeskop

HOëRSKOOL Kemptonpark se sportuitslae vir die afgelope week.

Muurbal-ligawedstryde: Kempies 1 verloor teen Woodlands 1 7-8, Kempies 2 wen Woodlands 2 7-6, Kempies 3 verloor teen Germiston 1 7-11.

Netbal: die O/14A-span het die afgelope naweek aan die Saheti-toernooi deelgeneem waar hulle die O/16-afdeling gewen het.

Luggeweerskiet: SANSSU (South African School Shooters Union) proewe 1:

Presisie 10M: Barend Botha goud, Ruan Botha brons.

Presisie 3P: Barend Botha goud, Ruan Botha brons.

Sporter O/21 3P: Simone Mzyk goud, Philip Haussamer silwer.

Sporter O/21 10M: Simone Mzyk goud, Philip Haussamer silwer.

SAARA (South African Air Rifle Association) Noord-Wes Ope:

Presisie O/14 3P: Ruan Botha goud.

Presisie O/14 10M Olimpies: Ruan Botha goud.

Presisie O/16 3P: Jovan Botha brons.

Presisie O/14 10M Olimpies: Jovan Botha silwer.

Sporter O/21 3P: Philip Haussamer goud.

Sporter O/21 10M: Philip Haussamer goud.

Daar is nog twee kompetisies waaraan die skuts die volgende twee naweke deelneem, naamlik die SANSSU Limpopo Provinsie kompetisie by Hoërskool Florida op 5 Maart en die SANSSU proewe 2 in Brakpan op 11 en 12 Maart.

Engels Debat: die Engels Debat SACEE-liga het Saterdag by Willowmoore afgeskop.

Die Kempies het St Dunstan’s College A geklop in die eerste rondte met die mosie: “This house would ban Rumbler”.

In die tweede rondte het Willowmoore A Kempies geklop met die mosie: “This house would appoint the public protector by means of a public vote”.

Rondte 3 teen Oprah Windrey Academy se uitslae is nie bekend gemaak nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button