Local sportSport

Junior krieketseisoen is amper verby

Onthou Avion se prysuitdeling Saterdag

AVIONPARK Junior Krieketklub se wedstryduitslae van die naweek was:

O8/B wen Boksburg met 8 paaltjies in die negende beurt. Boksburg kolf eerste en teken 56 lopies aan. Avion teken 59/2 aan.

Die beste spelers was Driaan Swanepoel 25*, Ewhan O’Connel 2/9, Edrich de Klerk 15 en 1/2, JP du Plessis 12*, Marco Deijs 1/3 en Ewald Haasbroek 1/2.

0/8C klop Benoni Northerns. Benoni 131/4 en Avion 135/8.

Die beste spelers was Jacques Hutton 61 en 1/10 in 3, Juan Coetzee 10 en 1/8 in 3, Isak Basson 10 en Heinrich Boshoff 1/8 in 2.

O/10 superliga wen Kwa Thema met 96 lopies. Avion 201/3. Franco Trollip 59, Ivahn Kruger 38*.

Kwa Thema 105/2. Werner Joubert 1/4 in 2, JP Pienaar 1/9 in 3.

O/10A verloor met 3 paaltjies teen Kempton. Zander Pienaar 23* en Shaun Nash 4/12 in 4.

O/12 superliga verloor teen Daveyton met ekstras die enigste speler wat hier kon naam maak.

Die Colts het teen Boksburg verloor. Boksburg 218/10 met Brandon Robbeson 4/47 in 8, Miguel Stoman 2/13 in 5, Duncan Horn 2/18 in 4, Keagan Martins 1/21 in 3 en Reinhardt Heydenrich 1/15 in 4 die beste boulers.

Avion kon ongelukkig net 153/10 aanteken. Zander Smith 53 en Duncan Horn 20 was die beste kolwers.

Die voorsitterspan het teen Tembisa verloor.

Lede en belangstellendes moet onthou van die prysuitdeling Saterdag om 5.30pm by Laerskool Kruinsig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button