Local sportSport

Avion gee Duduza ‘n behoorlike loesing

Jaco Roberts moker 101 nie uit nie

AVIONPARK Krieketklub het die naweek sy laaste wedstryde van die seisoen gespeel.

O/8A wen teen United. United 99/10. Avion antwoord met 101/7. Beste spelers was Shaun Nash (42 en 2/9), SW Basson (10), Jacques Hutton (8 en 3/12) en Marnus Otto (2/9).

O/8B teen Kempton en die O/10 superliga-wedstryde teen SOB is afgestel weens nat blaaie.

O/10A klop Benoni.

Die voorsitterspan het Duduza ‘n allemintige loesing gegee. Avion het eerste gekolf 381/10 in 38 beurte gemoker.

Duduza kon net 31 aanteken.

Die beste spelers was Jaco Roberts (101*), Pieter Minnaar (69), Brandon Fryer (67 en 2/1 in 2), Lloyd Siebert (58), Quintas (2/6 in 2), Riaan Bekker (1/1 in 1) en Morne Snyman (1/1 in 1).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button