
VERSKEIE van Hoërskool Kemptonpark se sportspanne het die afgelope week aan die semi-finale van die Tuks-reeks deelgeneem.
Die uitslae was:
Rugby: O/14A wen 33-7 teen Klerksdorp, O/15A wen 24-17 teen Centurion, O/16A wen 12-8 teen HTS Middelburg, eerste span verloor 12-54 teen HTS Middelburg.
Meisiehokkie: O/14A wen 3-1 teen Dr EG Jansen (uitskiet), O/15A verloor 2-4 teen Marais Viljoen (uitskiet), O/16A verloor 0-1 teen Klerksdorp, eerste span verloor 0-1 teen Marais Viljoen.
Seunhokkie: O/14 en O/16 verloor en speel op 7 Mei vir 11de en 12de plekke.
Netbal: Die netbalbeen van die Tuks-reeks het die afgelope naweek afgesluit. Die O/14A span het ‘n bronsmedalje verower.
Kempies as skool was sewende. Die finale spanposisies was: O/14A 3de, O/15A 11de, O/16A 4de, O/17A 12de, eerste span 6de.
Muurbal: finale liga-uitslae: Kempies 1 2de in die A liga (drie punte agter wenner), Kempies 2 wen B liga, Kempies 3 4de in die C liga (drie punte agter nr 2).
Luggeweerskiet: GTRA (Gauteng Target Rifle Association):
Presisie O/16 10M Olimpies: Jovan Botha goud, Barend Botha silwer.
Presisie O/14 10M Olimpies: Ruan Botha goud.
SANSSU proewe 3:
Presisie 10M: Barend Botha goud, Ruan Botha brons.
Presisie 3P: Barend Botha goud, Ruan Botha brons.
Sporter O/21 3P: Philip Haussamer goud (559/600 93.2% akkuraatheid), Simone Mzyk silwer (558/600 93% akkuraatheid).
SPORTER O/21 10M: Philip Haussamer goud, Simone Mzyk silwer.
Fietsry: Anton Potgieter en Marc
Pritzen het die ASAQS Burn you Bike-kompetisie (agt rondtes van 4km elk) gewen.
