Local sportSport

Sluit aan by sosiale rugbygroep

Enigeen van hoërskoolouderdom is welkom om te kom saamspeel

’n GROEP manne speel al die afgelope ses jaar net vir die lekker sosiale raakrugby (“touch rugby”) by Hoërskool Kemptonpark.

Volgens Ruan Schoeman wil hulle graag die groep uitbrei en meer spelers betrek.

Hulle speel twee keer ’n week, Maandae en Woensdae, van 5.15nm tot 7nm en het gewoonlik so tussen ses tot 10 spelers aan ’n kant.

Hoewel die groep se klem op sosiale rugby val, het hulle die afgelope twee jaar aan ’n toernooi vir soortgelyke groepe deelgeneem en elke keer gewen.

Enigeen van hoërskoolouderdom is welkom om te kom saamspeel. Vir meer besonderhede, skakel 082-447-6429.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button