Kempies spog met 19 Valke-spelers
Drie van die skool se afrigters is ook as provinsiale afrigters gekies

DIE Kempies spog vanjaar met 10 O/16 en nege senior rugbyspelers wat vir die onderskeie provinsiale Valke-spanne gekies is.
Drie van die skool se afrigters is ook as provinsiale afrigters gekies.
Oupa van der Merwe sal die Valke se O/18 Cravenweekspan afrig, Dewald Peyper is die breier van die O/18 akademiespan en Arno Killian neem beheer van die O/16 rooispan.
O/16 Valke-spelers (Grant Khomospan): Adriaan Gravette, Alden Deysel en Hentie Beukes.
O/16 Rooispan: André Last, Dean Potgieter, Zandrey van Rooyen, Christo Booysen, Werner Schoeman, Darquinn Els en Riaan du Plooy.
O/18 Cravenweekspan: Francois Erasmus.
O/18 Akademiespan: Johan Marais, Francois Jordaan en Armand Pero.
O/18 Reitzspan (Rooi): Adriaan Labuschagne, Francois Deysel, Joubert du Plooy, Jeandré Breytenbach en Hilton Gie.
Die afgelope week se sportuitslae:
Tennisliga seuns: Kempton A verloor teen Edenvale A 12-60, Kempton B verloor teen Curro Serengeti A 19-37, Kempton C verloor teen Edenglen B 26-30, Kempton D wen Birchleigh B 42-14 en Kempton E klop Birchleigh C 47-9.
Meisies: Kempton B wen Edenvale High B 51-5.
Hokkiemeisies vs Hugenote: O/14A 1 elk, O/14B verloor 5-0, O/15A wen 2-1, O/15B wen 1-0, O/16A wen 3-0, O/16B wen 1-0, tweedes verloor 2-0 en eerstes verloor 5-0.
Rugby vs Rustenburg: O/14A wen 12-7, O/14B verloor 7-66, O/15A wen 12-7, O/15B wen 28-7, O/16A wen 20-19, O/16B wen 36-12, derdes verloor 7-10, tweedes verloor 7-15 en eerstes verloor 10-27.
