Local sportSport

Reünie gholfdag vir alle oud-Kempies

Die gholfdag vorm ook deel van die skool se 60-jaar feesvieringe

DIE Kempiebond hou sy eerste jaarlikse gholfdag vir oud-Kempies by die Kempton Park Gholfklub op 21 September.

Die doel van die dag is om ’n vol veld oud-Kempies bymekaar te bring en die dag saam te geniet met ou vriende en te praat oor die goeie ou dae.

Die koste beloop R200 per speler en sluit die baanfooie en ’n braai na afloop van die gholfdag in. Nie-spelers kan saam braai teen R100 per persoon.

Spelers is verantwoordelik vir hul eie gholfjoggie of karretjie, drankies en halfweghuis-ete. Karretjies kan direk by die Pro-shop op die baan bespreek word.

Die formaat is ’n vier-bal alliansie met ’n “scramble” op al die houe.

Oud-Kempies met hul eie besighede word ook aangemoedig om van die gratis bemarkingsgeleentheid gebruik te maak om ’n gat te borg.

Vir meer inligting of besprekings, kontak Deon van Zyl by 011-391-4618 of e-pos na admin1@dvz.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button