School sportSport

Kempie aangewys as Netbalspeler van die Jaar

Sy was ook aangewys as Suid-Afrika se waardevolste speler in Nieu-Seeland

NETBALSTER en matrikulant aan Hoërskool Kempton Park, Luscha Pienaar, is aangewys as Netbalspeler van die Jaar by die GSS Netbal Toekenningsaand.

Die toekenningsaand is gehou op 22 September en Pienaar se 2015 eerstespan netbalafrigter, Sulani Grobler, is ook tydens die geleentheid aangewys as Afrigter van die Jaar.

“Ek het in graad ses begin netbal speel in Laerskool Edleen en elke jaar vir Gauteng proewe gegaan, maar nooit die finale span gehaal nie, tot verlede jaar in my graad 11 jaar,” het Pienaar vertel.

In 2015 is Pienaar vir die eerste keer gekies vir die Gautengspan asook eerstespan vir Hoërskool Kempton Park en aangewys as die Gauteng Netbalspeler van die Jaar. Sy is ook aan die einde van die Gauteng toernooi gekies vir die Suid-Afrikaanse netbal oefengroep.

In die begin van die jaar het Suid-Afrikaanse Skole Netbal (SASN) weer proewe gehad vir die SA O/18 span en Pienaar was gekies om SA te verteenwoordig as senter in die internasionale skole netbal toernooi in Nieu-Seeland. Sy was ook aangewys as Suid-Afrika se waardevolste speler gedurende die toernooi.

Pienaar was hierdie jaar ook Hoërskool Kempton se eerstespan en Gautengspan se kaptein en is boonop weer gekies vir die SA oefengroep.

“Ek wil baie graag naskool gaan studeer by Tuks en vir hulle netbalspan speel en met baie harde werk eendag vir die SA Protea netbalspan speel op professionele vlak,” het Pienaar gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button