Local sportSport

Swem en driekamp is haar kos

Selfs damswem skrik haar nie af nie

‘n Jong swemmer en driekampatleet van Laerskool Impala is besig om haar merk in dié sportsoorte te maak.

Bernelee Doster het onlangs aan die Summer 5-swemkompetisie deelgeneem waar sy eerste in die 50m rugslag was en tweede in die 200m rugslag.

Sy neem van 23-25 Maart aan die SA vlak 3 streekskampioneskappe deel.

Bernelee het ook ‘n 400m damswem aangepak waar sy algeheel derde was en die vroue-afdeling gewen het.

In die 1000m was sy negende en in die vroue-afdeling derde.

Tydens Sentraal-Gauteng se driekampprysuitdeling is Bernelee aangewys as die nommer 1 meisie-atleet in die ouderdomsgroep 12-13 jaar. Sy het ook ‘n algehele eerste plek by die Sentraal-Gautengkampioenskappe verower en is vir die Suid-Afrikaanse driekampkampioenskappe in Bloemfontein gekies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button