School sportSport

Jeugies vir rugbyspanne gekies om oorsee te speel

Twee spanne het die afgelope vakansie na Merensky getoer

HOËRSKOOL Jeugland se eerste en o-16 rugbyspanne het die afgelope vakansie in Merensky gaan toer waar die Jeugies met talle toekennings weggestap het.

Met die voltooiing van die toernooi is daar twee spanne gekies om later die jaar buite die grense van Suid-Afrika te gaan toer. Die spelers by die o-16’s wat uitstaande toekennings ontvang het is:

Deniro van der Walt (beste voorspeler) en Jayden Boshoff (beste skopper).

Die o-16 span is ook aangewys as die beste o-16 span van die toernooi.

Die spelers by die o-19’s wat uitstaande toekennings ontvang het is:

Phreston Botes (beste voorspeler) en Chris Janse van Rensburg (beste agterspeler).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button