Local sportSport

Valke beplan groot rugbydag in Brakpan

Wedstryde begin reeds om 11vm en sal so teen 9nm klaar maak

DIE Valke Rugbyunie, voorheen bekend as Oos-Transvaal, vier vanjaar sy 70ste bestaansjaar en as deel van die feesvieringe word verskeie funksies en geleenthede aangebied.

Die volgende gebeurtenis vind plaas op 20 Mei by die Bosmanstadion in Brakpan waar onder meer stigtersklubs teen mekaar sal deelneem en ‘n provinsiale wedstryd tussen die Valke en Pumas gespeel sal word.

Die geleentheid bied aan alle oud-Springbokke, provinsiale spelers en bestuurslede vanaf 1947 tot hede die geleentheid om weer daardie ou rugby-pelle of vyande van jou te sien.

Wedstryde begin reeds om 11vm en sal so teen 9nm klaar maak.

Die poging is om soveel moontlik van die oud-Bokke, -spelers, -beamptes en -skeidsregters van die provinsie en klubs daar te kry. ‘n Spesiale poging word aangewend om alle spelers met meer as 100 wedstryde en alle oud-kapteins daar te kry .

Al is jy ‘n afstammeling van een van die ontslape persone, is jy ook baie welkom om saam die dag te geniet.

Die vier stigtersklubs, Benoni, Springs, Brakpan en Nigel, sal onder meer die dag daar speel, asook Oos-Rand Polisie en Vanderbiljpark.

Daar is genoegsame voorsiening vir eetgoed en lafenis vir die dorstiges gemaak.

Gewone klubtoegangsfooie sal van krag wees, naamlik R10 volwassenes, R10 ‘n motor(veilige parkering) en laerskoolkinders is gratis.

Vir verdere inligting, skakel Sala by 083 449 9748, Harry by 079 648 1040 , Boeta by 082 653 4113, Lourens by 083 285 0380, Gesie by 084 798 6158 of by Jurie 082 446 5147.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button