Local sportSport

Oud-Kempie skenk sy Western Force-trui aan skool

Hy het in sy toespraak die skool bedank vir hul volgehoue ondersteuning

RYAN Louwrens, ‘n oud-leerder van Hoërskool Kemptonpark wat sy Super Rugby-debuut vir die Western Force in 2015 gemaak het, het die Kempies op 23 Junie besoek om een van sy Western Force-truie aan die skool te oorhandig.

Hy het in sy toespraak die skool bedank vir hul volgehoue ondersteuning tydens sy skool- en rugbyloopbaan.

Louwrens het baie hoogtepunte in sy rugbyloopbaan bereik. Hier is ‘n paar van sy uitsonderlike prestasies:

2008 – Western Force o-18.

2009 – Hoërskool Kemptonpark eerste span.

2009 – Valke o-18 Cravenweek.

2009 – Valke o-19 Curriebeker.

2012 – Western Force A-span.

2013 – Western Force A-span.

2015 – Maak Super Rugby-debuut vir Western Force teen die Chiefs op Hamilton. Druk twee drieë in sewe wedstryde.

2015 – Ontvang Western Force se “Rookie on the rise”-toekenning.

2015 – Word genomineer vir Australië se “Super Rugby Newcomer”-toekenning, asook die “Rookie of the Year”-toekenning.

2016 – Speel 12 Super Rugbywedstryde vir die Western Force.

2017 – Speel vyf Super Rugbywedstryde vir die Western Force.

2017 – Word uitgenooi na die Wallaby-oefenkamp, maar onttrek as gevolg van ‘n kniebesering.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button