Local sportSport

Botes wen met 22 visse

Avion Hengelklub het die naweek by Grootdraaidam met 32 lede en een besoeker 321 visse gevang

AVION Hengelklub het die naweek by Grootdraaidam met 32 lede en een besoeker 321 visse met ‘n totale gewig van 208kg gevang.

Die onderskeie wenners was:

Seniors: 1. Marius Botes (22 visse, 13.63kg). 2. André Kruger (21 visse, 14.54kg). 3. Nico de Jonge (17 visse, 11.22kg).

Meesters: 1. Phillip van der Westhuizen (15 visse, 11.60kg). 2. Willie Olivier (15 visse, 6.28kg). 3. Hennie van Rooyen (12 visse, 7.56kg).

Vroue: 1. Carla de Jongh (11 visse, 5.85kg). 2. Annalize van der Westhuizen (11 visse, 5.83kg). 3. Nadine Kuit (8 visse, 5.08kg).

Juniors: 1. Ryno Kruger (11 visse, 9.46kg). 2. Lukas Roberts (7 visse, 3.29kg).

Penkoppe: 1. Michael du Toit (2 visse, 2.06kg).

Grootste visse vir die jaar:

Grootste karp: 3.78kg (Enrico Guelpa)

Grootste graskarp: 12.01kg (Nico de Jonge)

Grootste moddervis: 1.40kg (Rainer Jonischkeit)

Grootste geelvis: 1.80kg (Heino Skarupke)

Grootste baber: 5.91kg (Leon Fourie)

Kleinste moddervis: 0.02kg (Nico de Jonge en Riekus Niemand)

Kleinste baber: 0.02kg (Ruan Marais)

Nuwe lede is welkom om te besoek of aan te sluit. Skakel Rainer by 082 886 5500 of Hennie by 083 633 3531.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button