School sportSport
Kempies se Marc is SA bergfietskampioen
Dit was die Kempies se eerste deelname aan hierdie kompetisie
MARC Pritzen van Hoërskool Kempton Park is die naweek as Suid-Afrika se junior mans bergfietskampioen gekroon.
Marc het die wedren tydens die SA kampioenskappe by Hoërskool Bekker in die Magaliesburg met ‘n opwindende sprong gewen om die titel te verower.
Al nege provinsies, sowel as ‘n fietsryspan vanuit Namibië en Zimbabwe, het deelgeneem.
Dit was die Kempies se eerste deelname aan hierdie kompetisie en die skool was 17de uit 74 skole. Die seunspan was negende.
Ander individuele prestasies:
Sub-junior o-14: Ruann Verweerd 32ste.
Sub-junior vroue: Lize Kitsshot 21.
Junior mans: Andries Nigrini 12de.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
