Riebie spog met sewe paaltjies in een wedstryd
Nico se passie is krieket en hy wil graag eendag provinsiale krieket speel.
’n JONG krieketspeler van Laerskool Van Riebeeckpark spog met die skoolrekord vir die meeste paaltjies in een wedstryd.
Nico Joost van der Westhuizen, wat tans in graad sewe is, het vir sy skool se eerste span gespeel.
In die Super 12 semi-finaal teen Laerskool Hennopspark, wat die 2016 kampioene was, het hy sewe paaltjies agter sy naam geskryf.
Dié linkerhandbouler het ses beurte vir sy sewe paaltjies afgestuur. Hy het een leë boulbeurt gehad en net 15 lopies vir sy 36 balle afgestaan.
Hy het vyf kolwers skoongeboul, een is been voor paaltjie betrap en die ander is uitgevang.
Nico se passie is krieket en hy wil graag eendag provinsiale krieket speel.
