School sportSport

Impies verbeter interlaerrekords

Caylin het ook die SA rekord laat spat.

Twee atlete van Laerskool Impala het tydens die 2018 interlaer by Hoërskool Kempton Park die gewigstootrekords in hul onderskeie ouderdomsgroepe verbeter.

Ruben Turketti het die interlaerrekord van 11,03m na ’n skitterende afstand van 11,59m in die seuns o-12 verbeter.

Caylin Olivier het die bestaande rekord van 11,41m na ’n ongelooflike 12,89m in die meisies o-11 verbeter. Caylin het ook met hierdie afstand die huidige Suid-Afrikaanse rekord van 12,62m verbeter.

Ruben Turketti.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button