Local sportSport

Avion-hengelaars trek meer as 1 000 visse uit

Die kompetisie is by Trichardtsfontein Dam gehou.

Hengelaars wat aan Avion Hengelklub se maandkompetisie van 2 – 4 Maart deelgeneem het, het saam meer as 1 000 visse gevang.

Die kompetisie is by Trichardtsfontein Dam gehou en 26 lede en drie besoekers het 1 188 visse met ‘n totale gewig van 357.28kg gevang.

Die uitslae was:

Seniors: 1. Marius Botes (112 visse, 41.49kg). 2. Karel Haefele (100 visse, 26.87kg). 3. Riekus Niemand (87 visse, 24.89kg).

Meesters: 1. David Swanepoel (74 visse, 22.03kg). 2. Phillip van der Westhuizen (63 visse, 16.57kg). 3. Montie Veldsman (37 visse, 10.76kg).

Vroue: 1. Elaine van Rooyen (40 visse, 10.31kg). 2. Annalize van der Westhuizen (24 visse, 5.77kg). 3. Mariska Louw (15 visse, 4.77kg).

Juniors: 1. Ryno Kruger (53 visse, 17.52kg). 2. Margaret Hale (3 visse, 1.09kg).

Grootste visse vir die jaar:

Grootste karp – 3.63kg Celine Bouwer

Grootste graskarp – 3.86kg Jurgens Lerm

Grootste moddervis – 0.73kg Phillip van der Westhuizen

Grootste geelvis – 1kg AndrĂ© Kruger

Grootste baber – 3.99 Arrie van Wyk

Grootste bass: 1.66kg Marius Botes

Kleinste moddervis – 0.03kg Riekus Niemand

Kleinste baber – 0.05kg Mariska Louw.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button