Local sportSport
Annebel swem soos vis in die water
Tydens dié kampioenskappe het sy aan sewe finale deelgeneem.
Annebel van Wyk (11), lid van ESP, het die afgelope vakansie ‘n nuwe Oos-Gauteng rekord in die 200m rugslag opgestel.
Sy het die rekord by die Sasol Nasionale Kampioenskappe verbeter toe sy die item in 3:00.87 gewen het.
Tydens dié kampioenskappe het sy aan sewe finale deelgeneem en ook drie silwer- en een bronsmedalje gewen.
Annebel het brons in die 50m rugslag verower en silwer in die 100m rugslag, 100m borsslag en 200m borsslag.
By die Oos-Gauteng winterkampioenskappe, waar dié leerder van Laerskool Impala in agt finale geswem het, het sy silwer in die 100m vlinderslag en 50m rugslag behaal en brons in die 100m rugslag.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
