Local sportSport

Jeuk jy vir jukskei? Dan is dié toernooi vir jou

Jy hoef nie ’n gesoute speler te wees om dié dag te geniet nie.

Is jy ‘n gesoute jukskeispeler? Wil jy dalk met die sport begin?

Dan is Avion Jukskeiklub se informele toernooi op 25 Augustus net die ding vir jou.

Of jy nou oud, jonk, professioneel of ’n beginner is, almal is welkom om aan die prettige dag deel te neem.

Daar sal verskillende afdelings wees waarin spelers van enige vlak kan deelneem. Skeie sal ook beskikbaar wees vir belangstellendes wat eers ’n proeflopie wil doen.

Die dag sal om 8vm afskop by Boksburg se jukskeibane op die hoek van Du Plessis en Krugerstrate, Boksburg-Oos. Trofeë en pretpryse sal dié dag op die spel wees.

Kostes sal R200 vir ’n span van vier beloop, maar dit sluit gelukkig ook heerlike hamburgers vir middagete in. Verversings sal ook die hele dag te koop wees.

Inskrywings voor 17 Augustus sal waardeer word, maar belangstellendes kan ook op die dag inskryf.

Kontak Carin Venter by 082 879 7623 of per e-pos by flowtecengineering@absamail.co.za, of Charles Taylor by 071 364 1785 vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button