Local sportSport

Oud-Jeuglander wen goud by wêreld-skietkampioenskappe

Twintig lande was deur 175 skuts by die kampioenskappe, wat oor nege kompetisiedae gestrek het, verteenwoordig.

Jacobus Willemse (30) van Kempton Park en oud-leerling van Hoërskool Jeugland, het uitsonderlik presteer tydens die metaalsilhoeët-skietwêreldkampioenskappe in Julie in Sipoo, Finland.

Hy was eerste in die kleinkaliber, onbeperkte klas vir handwapens en het ook ‘n bronsmedalje ingepalm in die gesamentlike vier-handwapen-kombinasie.

Willemse was deel van die Suid-Afrikaanse kleinkaliber-handwapenspan wat ook die eerste plek in die spankompetisie behaal het met ‘n telling van 408. Tweede was Frankryk met 399 punte en derde Australië met 398 punte.

Twintig lande was deur 175 skuts by die kampioenskappe, wat oor nege kompetisiedae gestrek het, verteenwoordig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button