Local sportSport
Katya Spohr is op pad na SA gimnastiekkampioenskappe
Katya, wat lid is van die JGC Klub in Johannesburg, het Sentraal-Gauteng verteenwoordig.
’n Graad Agt-leerder van Hoërskool Jeugland het ’n silwermedalje by die Gauteng provinsiale vroue-gimnastiekkampioenskappe verower.
Katya Spohr (14) het hier teen Gauteng se beste gimnaste vanaf Noord-Gauteng, Oos-Gauteng, Vaal en Sentraal-Gauteng meegeding.
Katya, wat lid is van die JGC Klub in Johannesburg, het Sentraal-Gauteng verteenwoordig.
Met haar tweede plek het sy gekwalifiseer om Gauteng by die nasionale kampioenskappe in Centurion te verteenwoordig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
