Local sportSport

Edleen-afrigter help SA atleet by Jeug Olimpiese Spele

Wat die prestasie meer indrukwekkend maak is die feit dat Roets se medalje slegs een van twee was wat deur die SA span gewen kon word.

Eben Vermaas (38) van die Pierre Blignaut Gewigstoot en Diskus Akademie het onlangs vanaf die derde Jeug Olimpiese Spele in Buenos Aires in Argentinië teruggekeer waar hy deel was van die Suid-Afrikaanse spanbestuur in die kapasiteit as worpe-afrigter.

Dié atletiekorganiseerder van Hoërskool Kempton Park het Dané Roets van Krugersdorp tydens die spele bygestaan waar sy die bronsmedalje in gewigstoot vir vroue opgeraap het.

Lees ook:

Kempie-man gaan jeugatlete na Algerië vergesel

Dane is ’n atleet van die akademie en was lid van die SA span. Wat die prestasie meer indrukwekkend maak, is die feit dat Roets se medalje slegs een van twee was wat deur die SA span gewen kon word.

“Om deel te kon wees van hierdie gebeurtenis was ’n eenkeer-in-’n-leeftyd geleentheid wat vir weinig mense beskore is. Ek sou dit vir niks in die wêreld wou mis nie,” het Vermaas, wat in Edleen bly, gesê.

Roets se medalje volg op vroeëre suksesse vanjaar toe nog twee akademie-atlete, Kayle Blignaut van Johannesburg en Meike Strydom van Mosselbaai, onder meer die gouemedalje en vyfde plek in gewigstoot by die Wêreld Junior Kampioenskappe ingepalm het.

Hulle was tydens dié geleentheid deur Pierre Blignaut bygestaan, wat die span vergesel het.

Die akademie is deur Vermaas en sy mentor, Blignaut, gestig. Hulle rig op verskeie plekke af, wat Kempies, Hoërskool Monument High School, Universiteit van Johannesburg (UJ) en Ruimsig Stadion insluit.

“Ons rig atlete van regoor Suid-Afrika af van sover as Mosselbaai, Bethlehem, Welkom, Ellisras, Potchefstroom en Polokwane. Ons het ook atlete vanuit Namibië wat by ons oefen.

Vermaas was op skool ’n middelafstandatleet, maar het as volwassene ’n passie vir gewigstoot en diskus ontwikkel. Hy rig sedert 2006 af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button