Seeroë word nie reggemaak nie

ROELOF BURGER van Glen Marais skryf: Saam met die jongste water en ligte rekening het ons elkeen ‘n omsendbrief van die munisipaliteit gekry wat die aandag op heelwat kapitaalprojekte vestig wat in ons stad aandag gaan kry. Sulke ontwikkeling is noodsaaklik vir die beeld van groei en ontwikkeling wat ons stadsvaders by die inwoners wil …

ROELOF BURGER van Glen Marais skryf:

Saam met die jongste water en ligte rekening het ons elkeen ‘n omsendbrief van die munisipaliteit gekry wat die aandag op heelwat kapitaalprojekte vestig wat in ons stad aandag gaan kry.

Sulke ontwikkeling is noodsaaklik vir die beeld van groei en ontwikkeling wat ons stadsvaders by die inwoners wil vestig en verdien ons ondersteuning.

Daar is egter twee probleme wat na my mening dringend aandag nodig het, voordat ons geld op ander ontwikkeling kan spandeer.

Die stormwaterdreins langs die paaie is op heelwat plekke in ‘n chaotiese toestand. In Pomonaweg is daar dreins wat nou al vir jare gevaarlik ooplê waaraan niks gedoen word nie.

By die Total-garage in Rietfonteinweg is die drein nou vir amper twee jaar stukkend, oop en onaangeraak. Hierdie is ‘n seeroog vir die inwoners en moet tog herstel word.

Die tweede saak wat dringend aandag benodig, is die oorlaaistasie bo in Highveldweg. Die masjiene wat die vullis moet kompakteer werk 90% van die tyd nie.

Die gevolg is die gemors moet met die hande in houers gegooi word, wat beteken baie van die gemors beland op die vloer. Dit stink, is onhigiënies en is onaanvaarbaar dat ons vir die diens betaal en die oorlaaistasie in die swak toestand moet gebruik.

Die mense wat jou soos aasvoëls toesak en alles van die bakkie ruk om te kyk wat bruikbaar is, skep konfliksituasies. Die personeel wat daar werk is ook almal meer gefokus op wat “gewen” kan word vir hulleself as wat daar gehelp word met die aflaai.

Die verskillende hope wat op die terrein lê vertel die storie van wat elkeen vir homself bymekaar maak.

Kan ons die munisipaliteit dringend vra om aandag aan die twee sake te gee. Dit is nou heeltemal te lank dat ons in hierdie onooglike goed moet vaskyk.

Die brief is etlike weke gelede na die metro vir kommentaar verwys, maar hulle het nie gereageer nie – Redakteur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button