EntertainmentLifestyle

Kemptonian releases debut album

Hy gaan sy nuwe cd bekendstel

JULIAN Rudi (27) van Van Riebeeckpark gaan op 7 Desember sy eerste vollengte Afrikaanse “electro pop”-album met nuwe, oorspronklike Afrikaanse liedjies vrystel.

Rudi, ‘n oud-leerling van Hoërskool Jeugland, het van kleins af saam met die musiek in die kar gesing en sy eie “mix tapes” gemaak. Van einde 2010 het hy begin om sy passie vir musiek uit te leef.

Hy het nou die CD, Sit my in ‘n Studio, met 12 Afrikaanse liedjies, opgeneem.

Twee verskillende vervaardigers is gebruik om die musiek vars te maak en verskeidenheid vir die publiek te gee.

Jarred Gunston van die Suid-Afrikaanse groep, Chromium, het vyf snitte op die album vervaardig, terwyl Ferdinand Skead Greylead Records sewe gedoen het.

Rudi het gesê dat sy vriend, Waldo Greeff (top Tempo-liedjieskrywer van 2010) al die liedere op die album geskryf het, met so paar van Rudi se idees op vyf van die liedjies.

Daar is nege aan-die-gang snitte en drie ballades.

Een van die snitte, Rageltjie de Beer, sê Rudi, het hulle gedoen om iets nuuts en anders te probeer. Gunston het die lied vervaardig en mens kan duidelik sy invloed op die stuk hoor.

Een van die ander snitte, Baby sê vir my, gaan op youtube vrygestel word. Rudi sê enigeen kan dan ‘n video van hulself op youtube plaas waar hulle die woorde mimiek of sing. Die bestes sal gekies word om saam met beeldmateriaal van Rudi wat sing, die amptelike musiekvideo te maak.

Rudi hou van baie kunstenaars, maar die kunstenaar wat vir hom die uniekste styl musiek het, en van wie hy baie van sy inspirasie kry, is Chrizaan.

Die album gaan op 7 Desember op I-tunes en Bananna Tunes beskikbaar gestel word vir die publiek. Om ‘n voorsmakie van sy musiek te kry, besoek sy faceboek blad, Julian Rudi. Daar kan mens ‘n gratis liedjie aflaai en ‘n paar kort snitte van sy liedjies hoor.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button