Voetspore kom Kempton toe
Kom luister hoe hy vertel oor sy nuutste advontuur van ewenaar tot ewenaar
JOHAN Badenhorst van die advontuur-televisieprogram, Voetspore, kom op 14 Maart by Hoërskool Jeugland oor sy jongste ervaring gesels.
Die Barmhartigheidsdiens van die NG Gemeente Mooifontein het hom genooi om oor sy advonture te kom gesels as deel van ‘n fondsinsamelingsprojek.
Sarie Scheepers, koördineerder van die barmhartigheidsdiens, het gesê dat dit Badenhorst se eerste besoek aan Kemptonpark sal wees.
Hy gaan oor sy jongste reis, Ewenaar tot Ewenaar, gesels.
Gaste kan van 5nm met hom gesels en foto’s neem en 7nm begin hy praat.
Verversings sal te koop wees en Amarok, Cannon, Conqueror en Mega 4×4 sal hul nuutse produkte uitstal.
Die NG Gemeente Mooifontein Barmhartigheidsdiens het laasjaar 9 500 borde kos aan behoeftige bejaardes gegee. Hulle help bejaardes, kinderhuise en gewone huise waar dit finansieel sleg gaan.
Scheepers het ook gesê dat hulle elke dag toebroodjies aan skoolkinders sonder kos gee en dat die hoeveelheid kinders wat dit nodig het hierdie jaar verdubbel het.
Sy het gesê dat baie mense van Badenhorst weet en dat almal iets uit sy ervarings kan leer.
Kaartjies is R100 ‘n persoon en is beskikbaar by Scheepers by 083-627-5966
083-627-5966.
