EntertainmentLifestyle
Oranjehof hou Hollandse mark
Daar is verskeie stalletjies met spesiale Hollandse en Afrikaanse produkte

ORANJEHOF hou weer sy jaarlikse Hollandse mark op 1 Mei op hul perseel in Ascolonastraat, Bonaeropark.
Bring die hele familie en vriende om die dag saam met hulle te geniet.
Die kinders sal vermaak word met ‘n springkasteeel en ander aktiwiteite, terwyl die ouers lekker kan kuier met ‘n koppie koffie of tee en regte Hollandse gebak.
Daar is verskeie stalletjies met spesiale Hollandse sowel as Afrikaanse produkte.
Parkering is volop en die mark sal van 8.30vm tot 2nm oop wees.
Vir meer inligting, skakel Hanny van Emmerik by 011-973-3019
011-973-3019 of 082-944-6108
082-944-6108.
