Nostalgiese kabaret word opgevoer
Heerlike komedie en nostalgie is ingeweef saam met mooi Afrikaanse poësie en liedere

IMPALA Voortrekkerkommando bied op 16 Mei ‘n kabaret, Om Groot te Word, aan.
Dit vind plaas in die Kaleideo-ouditorium by Fiskaalstraat 32 in Glen Marais en begin om 7.30nm.
Die stuk, wat handel oor die verloop van mens se lewe, word aangebied deur Pieter Badenhorst op klavier en trekklavier, Anserie Badenhorst met haar fluweelstem as hoofkunstenaar en Johan Steyn wat die komiese en ernstige momente inkleur.
Heerlike komedie en nostalgie is ingeweef saam met mooi Afrikaanse poësie en liedere wat by elke tydgleuf van die lewensfases van die mens in pas om hierdie kabaret ‘n onvergeetlike ervaring te maak.
Kaartjies kos R60 ‘n persoon en alle fondse wat ingesamel word, gaan gebruik word om Voortrekkers wat dit nie kan bekostig nie, saam te neem op die kommando se Laeveld-toer.
Vir kaartjies, skakel Heleen by 082-375-5890. Kaartjies sal ook by die deur beskikbaar wees.
