EntertainmentLifestyle

Skryf nou jou boereworsresep in

'n Splinternuwe Toyota Hilux 2.7 dubbelkajuit Raised Body Raider is op die spel

GAAN jou boereworsresep die volgende nommer een wees?

Die soektog na Suid-Afrika se nommer een boereworsmaker het begin met die 2014 Shoprite Checkers Championship Boereworskompetisie.

‘n Splinternuwe Toyota Hilux 2.7 dubbelkajuit Raised Body Raider is op die spel en slegs die smaaklikste, beste gehalte, tradisionele boerewors sal die paal haal.

Belangstellendes moet hul resepte voor die sluitingsdatum op Vrydag, 13 Junie inskryf. Inskryfvorms is beskikbaar by vleismark-afdelings binne Checkers, Checkers Hyper en Shoprite-winkels, of aanlyn by www.championshipboerewors.co.za of cbw.mobi

Maak egter seker dat jou resep nie net enige beeswors is nie – dit moet ‘n tradisionele boerewors wees. Die Suid-Afrikaanse Sjefsvereniging (SACA), ‘n organisasie vir professionele sjefs in Suid-Afrika, behartig die beoordelingsprosesse tydens die kompetisie en hulle sal seker maak dat alle inskrywings voldoen aan die streng riglyne vir die maak van tradisionele boerewors.

Om tradisioneel te wees, moet boerewors nie minder nie as 90 persent vleis bevat; altyd beesvleis, sowel as lam en/of varkvleis. Die vleismengsel mag hoogstens 30 persent vet bevat.

Verder is dit ‘n kenmerkende kombinasie van speserye soos koljander, naeltjies, neutmuskaat en swartpeper, asook asyn, water en Worcestersous wat boerewors onderskei van braaiwors. Dus, as jy wil kwalifiseer vir Shoprite en Checkers se kompetisie, maak seker dat jou resep aan al die riglyne voldoen.

Daar wag ‘n opwindende pad op deelnemers tot by die 2014 Championship Boerewors se grand finalé.

Deelnemers sal dit aanvanklik uitspook in landswye streekuitdunne op 9, 16 en 23 Augustus en slegs diegene wat onoorwonne staan ná hierdie kragtige stryd, sal op 13 September teen hul provinsiale eweknieë meeding.

Net die 10 top boereworsmakers wat as provinsiale wenners bly staan, sal mekaar die groot stryd aansê vir die 2014 Championship Boerewors-titel by Sun City op 4 Oktober.

Die publiek kan nou ook hul gunsteling-boereworsmakers nomineer om aan die kompetisie deel te neem. Die nominasie-funksie op die kompetisie se elektroniese platforms bied hierdie geleentheid.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button