Navi Redd-vertoning maak ‘n draai in Augustus
Na 10 jaar in die vermaakbedryf is hierdie nog steeds daardie een vertoning wat jy nie kan misloop nie
Die Kairos-teater kuier op 13 Augustus saam met Navi Redd.
Die rebelle van a capella sal elkeen vermaak met ‘n produksie propvol treffers, elk verwerk op die unieke Navi Redd-manier.
Daar is geen “back-tracks” of musiekinstrumente nie, net ‘n Mengsel van stem, klank, humor en energie.
Na 10 jaar in die vermaakbedryf is hierdie nog steeds daardie een vertoning wat jy nie kan misloop nie.
Die bekende Richard Loring het die volgende te sê oor Navi Redd: “Navi Redd is one of those rare breed of artists who combine a spellbinding mastery of vocal sounds with captivating originality. This is seen in their innovative ideas in marketing and reaching younger and newer audiences in the music market in South-Africa”.
Die vertoning begin om 7nm vir 7.30nm by die teater, 85 De Wiekusweg (NG Gemeente Hoogland) en fondse is ten bate van MES.
Kaartjies kos R100 en R120 of R50 vir kinders, studente en op die galery.
Bespreek by Petro Hughes by 072-441-6451.
