EntertainmentLifestyle

Jeuglanders neem aan tienertoneel deel

Opvoerings vind van 28 Julie tot 2 Augustus in Roodepoort plaas

DIE toneelgroep van Hoërskool Jeugland is een van die groepe wat van 28 Julie tot 2 Augustus aan die ATKV-Tienertoneelkompetisie, wat vanjaar 50 jaar oud is, deelneem.

Die opvoerings, waar 24 toneelstrukke sal meeding, vind plaas by die Roodepoort-teater. Toegang is gratis en vertonings begin elke dag om 4nm.

Die beste vier stukke sal weer Saterdagaand, 2 Augustus, tydens die streeksfeesfinaal optree.

Die tienertoneelfinaal vind plaas tydens die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees van 7-11 Oktober. Die 10 finaliste sal gedurende die eerste week van September na afloop van die streeksfeeste aangekondig word.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button