EntertainmentLifestyle

Mathys Roets sing in Sept by kerk

Daar sal die aand ook kerrie-en-rys, worsrolle en ander verversings te koop wees

DIE gewilde Mathys Roets tree op 5 September om 17nm by die NG Kerk Kempton-Kruin in Fiskaalstraat op.

Mathys, wat veral bekend is vir sy basstem, is al vir baie jare ‘n groot gunsteling in die vermaakliksheidsbedryf. Hy was in April 2009 in ‘n ernstige motorfietsongeluk wat hom permanent in die onderlyf verlam gelaat het.

Die teëpoed het hom egter nie ondergekry nie en met sy deursettingsvermoë doen hy steeds waarvoor hy die liefste is – om te sing.

Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor teen R75 ‘n persoon (skoolgaande kinders R25). Skakel 011-391-1343 tussen 7.30vm en 4nm of John by 011-391-6620 tussen 8vm en 1nm.

Daar sal die aand ook kerrie-en-rys, worsrolle en ander verversings te koop wees.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button