Kerkbasaar by Kempton-Kruin
'n Ander groot trekpleister by die basaar is die veiling, "bikers" en ou motors

OUD en jonk kan hulle vere regskud vir `n bobaas kuier wanneer die NG Kerk Kempton-Kruin sy basaar op 6 September.
Die basaar vind op die kerkterrein in Fiskaalstraat plaas en sal ‘n kaleidoskoop van kos en vermaak inhou, met sy gesellige plaaskombuis, wat ieder en elk uitnooi om die dag saam met vriende en familie te kom geniet.
Op 5 September om 7nm sal die bekende sanger, Mathys Roets, by die gemeente optree. Kaartjies is by die kerkkantoor beskikbaar.
Op 6 September sal besoekers al rondom die plaaskombuis kan kies en keur uit ‘n watertandkeurspel van kosstalletjies – pannekoek, poeding, tuisgebakte poeding, worsbroodjies en vele meer word aangebied, terwyl die potjiekoskompetisie die beste potjiekosskatte sal aanbied.
Vir soete saligheid sal jy ook die smullus in die teetuin kan sus waar tafels sal kreun onder die lekkerste tuisgebak soos in ouma-se-dae.
‘n Ander groot trekpleisters by die basaar is die veiling, “bikers” en ou motors.
Die jongspan kan uitsien na vaatjies vol pret, insluitende ‘n springkasteel, gesigsverf, skyfskiet en ‘n plekkie waar mamma en pappa saam met die kroos foto’s sal kan neem.
Die basaar skop af om 9vm. Toegang is gratis.
Vir navrae, skakel die kerkkantoor by 011-391-1343.
