EntertainmentLifestyle

Kaleideo hou weer ‘n aandmark

Kuier saam met ander met lekker musiek in die agtergrond

Kom geniet ‘n aand vol pret by die Kaleideo kos-, kuns- en kuiermark op 29 Augustus van 5nm tot 9nm in Fiskaalstraat, Glen Marais.

Daar sal ‘n springkasteel, gesigverf en spesiale eetgoed vir die kinders wees en ma en pa kan rustig kuier en eet met musiek in die agtergrond.

Verskeie uitstallers met kunswerke, interessante juweliersware, handgemaakte tuinversierings, huislinne en ekslusiewe klere sal die aand vir jou die moeite werd maak.

Heerlike kerrie-en-rys, pannekoek en hamburgers sal te koop wees en dan kan jy jouself lekker op ‘n piekniekkombers of by ‘n tafel met stoele tuismaak en heerlik saam met vriende, familie en vreemdes kuier terwyl kunstenaars jou vermaak.

Vir verdere inligting of as jy belangstel om ‘n uitstaller te word, skakel Susan Haywood by 011-391-2621 of epos haar op susanh@kaleideo.co.za

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button