Ballade vir ‘n Enkeling volgende jaar in flieks
Talle nuwe gesigte is te sien in dié Leon van Nierop-treffer
WIE onthou nog die gewilde TV-reeks, Ballade vir ‘n Enkeling, wat menige TV-kykers in 1987 vasgenael voor die kassie gehou het?
Dit was die verhaal van Jacques Rynhard (Gavin van den Berg) wat ‘n gesogte prys vir sy debuut-boek ontvang, maar nie by die prysuitdeling opdaag nie. Inteendeel, dit lyk of hy heeltemal verdwyn het.
‘n Tydskrifjoernalis, Carina Human (Karin Retief) besluit om die raaisel om hierdie misterieuse skrywer te ontrafel. Sy ontdek ‘n tragiese verhaal van ‘n seun wat daarvan beskuldig word dat hy sy pa doodgemaak het en deur sy ma verwerp is.
Die filmweergawe van dié Leon van Nierop-treffer word in Maart volgende jaar landwyd bekendgestel met talle nuwe gesigte.
Donnalee Roberts vertolk die rol van Carina en Armand Aucamp is Jacques Rynhard.
Kry hier ‘n voorsmakie van die film
