Vories open jaar met vrugtefees
Die fees vind plaas by Woepel Doepel Kleuterskool, Rooibosstraat 46, Allen Grove op 27 Januarie van 5.15nm tot 6.15nm

Impala Voortrekkers begin elke jaar met ’n lekker waatlemoenfees-opening, maar het besluit om 2015 te met ‘n Vorie vrugte-fees af te skop.
Verskeie vrugte gaan beskikbaar wees vir eet en smeer, maar die belangrikste gaan ook wees om die jaar reg te begin.
As deel van Die Voortrekkers se “ABC-stelsel” wil hulle op die Christenskap-deel konsentreer. Ds Johann Barnard gaan die opening behartig deur Gal 5:22 voor te lees: “Die vrug van die Gees is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.”
Almal is welkom om die fees saam te kom geniet en om by die Voortrekkers aan te sluit. Dis ’n ware avontuurlike en besondere aktiwiteit vir jonk en oud.
Die fees vind plaas by Woepel Doepel Kleuterskool, Rooibosstraat 46, Allen Grove op 27 Januarie van 5.15nm tot 6.15nm.
