EntertainmentLifestyle
Boeremusiekgilde kamp die naweek by Koppiesol
Die Witwatersrand-tak is deel van die Boeremusiekgilde wat ‘n nie-winsgewende kultuurorganisasie is

DIE Witwatersrand-tak van die Boeremusiekgilde nooi almal uit na hul naweekkamp by Koppisol vanaf 6 tot 8 Maart.
Kom kamp in jou karavaan, tent, chalet of kom as dagbesoeker.
Spesiale kamptariewe is beding vir almal en musikante begin reeds Vrydag informeel speel tussen die karavane. Die funksie begin Saterdag om 10vm tot 11nm.
Top jeug- en senior orkeste neem deel, maar alle musikante wat graag wil speel, bring jou instrumente saam.
Verskeie wegneemetes sal te koop wees, maar eie verversings is ook welkom
Oordbesprekings kan direk by Estelle gemaak word by 016-556-1112 of vir enige navrae, skakel Adriaan by 082-411-9983.
