EntertainmentLifestyle

Kamp saam met gilde by Koppisol

Verskeie wegneemetes sal te koop wees, maar eie verversings is ook welkom

DIE Witwatersrandtak van die Boeremusiekgilde kamp die naweek van 1-3 Mei by Koppisol.

Kom kamp in jou karavaan, tent, chalet of as dagbesoeker. Spesiale kamptariewe is beding.

Musikante sal reeds die Vrydag informeel tussen die karavane begin speel.

Die amptelike funksie begin Saterdag, 2 Mei, om 10vm en sal kort voor middernag duur. Ingang tot die dans gratis.

Top jeug- en senior orkeste neem deel, maar alle musikante wat graag wil speel, bring asseblief instrumente saam.

Verskeie wegneemetes sal te koop wees, maar eie verversings is ook welkom.

Oordbesprekings kan direk by Estelle by 016-556-1112 gedoen word.

Vir navrae, skakel Kobus by 072-292-5461.

Check Also
Close
Back to top button