Kempies se artistiese gimnaste presteer by SA’s

Hier is die skool se ander sportuitslae ook

TWEE artistiese gimnaste van Hoërskool Kemptonpark is as Suid-Afrikaanse kampioene aangewys.

Altesaam 850 gimnaste van regoor Suid-Afrika het oor drie dae deelgeneem ene Kempies het hul plek in die Gautengspan volgestaan deur ‘n beduidende bydrae te lewer tot Gauteng Provinsie se skitterende vertoning.

Megan van Niekerk (vlak 4) is aangewys as SA kampioen op die brug met ‘n punt van 9.03. Sy was vierde op die balk, vierde in spronge en algeheel vyfde met 34 uit 40.

André Geyer (vlak 7) is ook aangewys as SA kampioen met ses goue medaljes en ‘n totaal van 50 uit 58.

Marcel Lloyd (vlak 4) was vyfde in spronge, vierde op die gelyke brug en algeheel 11de met ‘n totaal van 52.3 uit 57.

Ringbal: Drie Kempies is na afloop van die nasionale skoleringbaltoernooi in Margate vir die SA Presidentspan gekies. Hulle is Karli Pieterse, Merriam Maloka en Zath Loth.

Muurbal: Kempies 2 verloor teen Veritas eerstes 3-9.

Atletiek: Kempies het die naweek van 17 Oktober aan die top 20 Grey Kollege-byeenkoms deelgeneem. Die volgende atlete het meer as 900 punte op die ABSA-tabel verwerf: Marizaan McCabe, Liezel Killian, Tionette Murray, Jeandre Breytenbach, Sherine van der Westhuizen, Cóhann Smith, Cecilia Stramrood, Bianca Nel, Marc Pritzen, Dillan Theron,

Buksie Swart, Lindi Roelofse, Warno Potgieter, Ryno Blom, Brandan Spangenberg en Kyla Meyer.

Fietsry: Kempies Fietsryklub het aan Kempton Express se bergfietsresies by Modderfontein deelgeneem en ‘n hele paar podiumplekke behaal.

10 km: 1. Jean-Luc Pretorius

Meisies: 20 km: 1. Kaylin Steyn. 2. Britney Bulkin

Seuns: 20 km: 1. Bradley Engels. 2. Dillan Zwarts. 3. Clifford Weiman

40 km: 1. Anton Potgieter. 2. Louis Nigrini. 3. Andries Nigrini.

Kempies het ook ‘n trofee vir die skool met die meeste inskrywings ontvang.

Radikale redenaars: Die finaal van die Radikale Redenaars vind Saterdag in Pretoria plaas. Twee individuele redenaars het gekwalifiseer om deel te neem, naamlik Demi-Lize Shandos (gr 12) en Chané van Niekerk (gr 8).

Kempies het ook vier spanne wat deurgedring het: Graad 8 span 3, graad 9 span 1, graad 11 span 1 en graad 12 span 1.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button