Avion-spanne weer op die wenpad

Die junior spanne het ook goed gevaar

AVIONPARK Krieketklub se voorsitter- en promosiespanne het die naweek albei hul wedstryde gewen.

Die voorsitterspan het Cambridge aangevat en is vir 107 uitgeboul. Cambridge kon slegs 76 op die telbord kry voor almal terug was in die pawiljoen.

Avion se topkolwers was Heinrich van

Heusden (34) en Dean Pienaar (12) en die topboulers Jaco Roberts met 5/22 in 7 beurte en Rudi Lotz met 2/10 in 5.

Die promosiespan het hul bure Kempton aangedurf en hulle vir 141 uitgeknikker.

Frank Taljaard (3/9) en Marcel Jacobs (3/42) was Avion se beste boulers.

Avion het 143/5 geslaan met Sean Aldridge (63) die voorste lopiemaker.

Die juniors se uitslae was:

O/8A wen SOB met 8 paaltjies. SOB 91/10, Avion 93/2. Speler van die wedstryd was Shaun Nash met 31 lopies en 4/0. Jacques Hutton 2/4 en 9* en SW Basson 2/11, Zuan 16*.

O/8B wen Kwa Thema met 8 paaltjies. JP du Plessis was speler van die wedstryd met 49*. Ben Steyn 2/4, Marco Deijs 2/7 en Ewhan O’Connel 2/8.

O/8C verloor met 8 paaltjies teen United.

O/10A verloor met 50 lopies teen Bakerton. Waldo Haasbroek met 18 was die beste speler.

O/12 superliga verloor teen United met 33 lopies. United 128/4 en Avion 95/10. Gerhard Cremer 2/25, Armand Swart 1/18, Christiaan Conradie 30 en Jay- Dee Oliver 18.

O/12A wen met 41 lopies teen Vosloorus. Avion 156/8 met Anro Voster 64 (50) en Justin van der Westhuizen 20 (36) die beste kolwers.

Vosloorus 115/10. Dewald Joubert 2/5, Arno Joubert 2/12, Wian Heydenrych 2/13 en Johan Kruger 2/14.

O/12B verloor teen Champions met 9 paaltjies.

O/14 superliga wen met 10 paaltjies teen Kemptonpark. Kempton 32/10 met Keagan Martins 3/9 in 3 beurte, Kaelim Dorey 3/9 in 3, Kevin van Zyl 2/5 in 2 en Zander Smith 2/9 in 2.

O/14A wen met 9 paaltjies teen Tembisa. Tembisa 25/10 en Avion benodig net 3 beurte om die wenlopies te slaan. Gian van Heerden, Luan Brits en Lwetu Qeqe vat almal 3 paaltjies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button