Sluit aan by Vriende en borg so ‘n boek
Onthou, Maart is biblioteek-maand

DIE Vriende van die Kempton Parkse Biblioteke is steeds volstoom aan die gang en nooi inwoners om by hulle aan te sluit.
Ledegeld en geld wat deur middel van gemeenskapsprojekte ingesamel word, word alles aangewend ter ondersteuning van biblioteke in die stad.
As jy weer in die biblioteek kom, let op hoeveel boeke het op die eerste bladsy links ’n etiket wat sê dat die boek deur ’n Vriend van die Kempton Parkse Biblioteke geskenk is.
Deur aan te sluit betaal jy R30 ’n jaar en mag boeke vir 30 dae leen. Jy kan ook by werksgroepe kaartjies maak, ‘scrapbooking’ doen of by die leeskring aansluit.
Daar is ook byeenkomste vir entrepreneurs waar jy jou besigheid kan bekendstel.
Hou Kempton Express dop vir kennisgewings oor projekte of kontak jou naaste biblioteek vir meer inligting.
Onthou, Maart is biblioteek-maand.
