Leo Sayer maak hierdie jaar ’n draai by Kersfees Skouspel
Elf van Suid-Afrika se topkunstenaars gaan die verhoog met Sayer deel.
Die wêreldbekende Leo Sayer is op pad na Suid-Afrika om deel te wees van die jaarlikse Kersfees Skouspel op 16 Desember by die Sun Arena by Time Square in Pretoria.
Elf van Suid-Afrika se topkunstenaars gaan die verhoog met Sayer deel. Hulle is Nianell, Jak de Priester, Mathys Roets, Joshua na die Reën, Monique, Pieter Smith, Tasché, wenner van The Voice SA, Steffie le Roux, Granville Michaels, Alwyn Oberholster en Scott Engelbrecht.
Besprekings vir die skouspel, wat om 3nm sal begin, kan by Computicket gedoen word.
Frans Swart, besturende direkteur van Lefra, sê: “Ons het reeds ’n standaard daar gestel om elke jaar ’n internasionale kunstenaar na Kersfees Skouspel te bring. Verlede jaar was dit Dana Winner en ek glo Leo Sayer sal ook ’n treffer wees.”
