Local newsNews

Bejaardes wees gewaarsku

Talle bejaardes van Krugersdorp is uit hulle pensioengelde verkul.

Honderde bejaardes van Krugersdorp sal hierdie maand met nog minder moet klaarkom nadat talle onlangs met ‘n slenter gevang en nou van hulle pensioengelde kwyt is.

Volgens ‘n SMS-boodskap, wat die news self gesien het, word bejaardes ‘n maandelikse kospakkie beloof, maar om daarvoor in aanmerking te kom moet hulle die laaste vyf nommers op hulle Sassa-kaarte sowel as hulle identiteitsnommer verskaf.

Die Ruimsig Gemeente en die Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum in Krugersdorp-Noord sowel as kerke wat nie bestaan nie, se name is valslik in SMS-boodskappe en deur individue gebruik.

Marius van Jaarsveld, ‘n predikant van die Ruimsig Gemeente het die news besoek met die versoek dat die gemeenskap deur die media ingelig word dat hulle kerk nooit mense se persoonlike inligting vra voordat hulle kospakkies verskaf nie.

“Ons het wel ‘n projek waar ons gemeentelede met kospakkies help, maar dit is mense met wie die kerk ‘n verhouding het – ons gee nie sommer vir enigiemand nie. Geen kerk ruil inligting vir kospakkies nie.”

Hy sê hy wil veral bejaardes en diegene wat reeds met min moet klaarkom, waarsku om nooit hulle persoonlike inligting uit te gee nie.

“Wanneer mense kospakkies verskaf, doen hulle dit met ‘n goeie hart.”

Verskeie bejaardes wat in die Jack Cotton-, President-, Van Riebeeck- en Pionierwoonstelle woon, is so ingeloop.

4 Comments

  1. Dis net so verkeerd so alledaags wat mense met sulke “skelem” maniere kom om bejaardes rot en kaal te beroof! Die Here het haar gesien en Hy sal sorg dat sy haar Straf kry ! Eks betrokke by my projek al die laaste 5 jaar en sulke dade maak dat mense soos ons organisasie wat Eeerlik is en opreg iets doen vir Bejaardes en minderbevooregte mense dan in wiele gery word ! Haar gesig sien ek baie en weet wie sy kan net nie indink dat mense So Lieg en bedrieg en ons Bejaardes so in doen nie! Ek stem geen kerk sal dit toelaat nie! Enige meegevoel aan die bejaardes wat skade gelei het en selfs die Naam van die Kerke !

  2. So baie oorgewig mense wil so graag gehelp word maar almal het nie +- 800 rand n maand om te betaal. Dit n groot jammerte dat die plekke so duur is.

 
Back to top button