[FOTO’s] Noordskool kinders presteer of verskeie gebiede
Noordskool se kinders hou met trots hul skool se naam hoog.
Talle leerlinge van Laerskool Krugersdorp-Noord pronk met verskeie prestasies.
Tydens die Redenaars Gala-aand wat vroeër vanjaar gehou is, het ‘n handjievol leerlinge as wenners weggestap.
Die Graadwenners is as volg:
• Graad 1: JJ Basson
• Graad 2: Neil Jordaan (ook algehele junior wenner)
• Graad 3: Erika Enslin
• Graad 4: Reanco Lous
• Graad 5: Miane le Roux (ook Fasewenner)
• Graad 6: Sunè Enslin
• Graad 7: Eben Steyn (ook Fasewenner)
Op sportgebied het George Waldick en Chanèl Genis beide hul D2 kleure verwerf en gekwalifiseer om aan die Gauteng Landloopkampioenskappe deel te neem. Uit ‘n totaal van 78 landlopers, het George ‘n negende plek en Chanèl ‘n 28ste plek verwerf.
Daar was ook ‘n totaal van 17 krieketspelers van Noordskool onlangs in die Gauteng-Wes Krieketspan opgeneem.
“Dis was ‘n geseënde seisoen,” het Francois van Tonder, krieketafrigter gesê.
Lees gerus nog Noordskool nuus hier:
• Noordskool spog met top presteerders
• Noordskool se rugby spiertiere
• Noordskool se geveerde vriend verjaar




