Local news

Kennies loods Doele vir Drome-projek

Laerskool Kenmare het 'n Doele vir Drome-uitreikingsprojek geloods vir 'n meisie wat dringend inplantings benodig.

Die News het onlangs berig oor Laerskool Kenmare se Driëe vir Drome-projek waar drie van hul rugbyspanne 45 drieë vir ‘n goeie doel gedruk het.

Die skool het tydens hul deelname aan die onlangse Grey College Super Series weer ‘Drieë vir Drome’ gedruk. Die droom wat hulle probeer bewaarheid is die van Jay-Bee Farmer, ‘n 14-jarige seun van Bloemfontein. In 2021 het Farmer se familiekar onklaar geraak langs die hoofweg waar ‘n ander bestuurder van agter af in hulle vasgery het. Jay-Bee, wat agter gesit het, het ernstige beserings opgedoen en as gevolg hiervan, is hy ‘n kwadrupleeg.

Kennies het hierdie uitreikingsprojek na die volgende fase geneem toe hulle ‘n Doele vir Drome-projek geloods het.

Net soos met die drieë word elke hokkie- asook netbaldoel geborg deur die skool se ouers en die Wes-Rand gemeenskap. Die geld wat ingesamel word gaan om Chermelle Maasdorp, wat doof is, se kogleêre inplanting te befonds.

Erika Basson van die Foundation for Children with Hearing Loss in Suid-Afrika het vir die skool ‘n lys gestuur van kandidate wat op die waglys geplaas is vir ‘n kogleêre inplanting. Chermelle wag nou al jare vir een.

Juffrou Anri Roodt, Mila Olivier, Mej Dowe Internasionaal Megan Holmes, Mej Pre-Teen Wes-Rand Biane Cosmo, Montenique vd Merwe, Juffrou Michelle van Rooyen en Kenmare-skoolhoof Wouter Immelman. Foto ingestuur.

Basson het Chermelle as ‘n slim meisiekind met baie potensiaal beskryf en bevestig dat die inplanting ‘n groot verskil in haar kwaliteit van lewe en grootword gaan maak. Dit sal haar kommunikasie vaardighede as sy kan hoor en spraak verstaan soveel verbeter. Binne ses tot twaalf maande na die operasie sal sy reeds ‘n verskil kan sien.

Maar die skool se goedhartigheid stop nie daar nie en ‘n groep van die skool se leerders en beheerliggaamslede beplan om ook van Uniondale na Mosselbaai te stap om verdere bewusmaking vir die projek te skep.

Elsabe Bell, die projekbestuurder het ook vertel dat as ‘n opvoedkundige instansie wil die skool die geleentheid aangryp om hul leerders van graad een tot sewe gebare taal in hule klasse te leer.

Ons is baie dankbaar dat die gemeenskap nou ook betrokke wil raak by die projek,” het sy gesê

Mej Dowe Internasionaal het ook aangebied om weekliks die skool te leer om gebare taal te bemeester en verskeie ander skoonheids persoonlikhede het ook beloof om te help om borge te kry.

“Ons skool is opgewonde om ‘n verskil te maak in Chermelle se uitdagings om weer te kan hoor.”

Juffrou Yolande Leach saam met Mej Dowe Internasionaal Megan Holmes. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button