Hoerskool Noordheuwel

Die matrikulante van 2022 het letterlik hulle voete op die Norie-roete van sukses gehou. Die skool spog met ‘n 100%-slaagsyfer. Die kersie op die koek: Hoërskool Noordheuwel is die TOP AKADEMIESE SKOOL in Gauteng-Wes en bekleë ook die nr 5 posisie in Gauteng waarop ons baie trots is.

Akademie is die topprioriteit by Hoërskool Noordheuwel. Die skool beskik oor onderwysers van kaliber wat die ekstra myl stap om leerders te motiveer om te studeer, te groei en sukses te behaal. Die skool handhaaf ‘n hoë standaard om die leerders vir die eindeksamen voor te berei – ‘n proses wat reeds in graad 8 begin. “  volgens Mnr  Dawie Kriel, hoof van Nories.

Dit gaan egter oor meer as akademiese prestasie by die skool. Die totale ontwikkeling van elke indivu is belangrik en daarom word ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite aangebied.

Baie Geluk met julle prestasie MATRIEKS VAN 2022 Julle is TOPS!!!

 
Back to top button