Jakaranda FM se ontbytspan het Hoërskool Bekker besoek as deel van die #myschoolrocks-kompetisie wat die radiostasie aanbied.
February 8, 2019
Jaco Human
1 minute read
Mickaela Visser het sonder om te huiwer hierdie bok opgetel asof dit niks buitengewoon was nie. Foto: Jaco Human.
Hoërskool Bekker was die vierde van vyf skole wat Jakaranda FM besoek het, en die wenner sal binnekort aangekondig word.
Die geleentheid het alles te doen gehad met Jakaranda se My School Rocks-kompetisie waar hoërskole meeding om as die skool met die meeste gees aangewys te word.
Die wenskool sal ‘n massiewe fees by hul skool ter waarde van R100 000 wen, asook ‘n R100 000-lugtydpakket.
Martin Bester, Gomolemo Metseeme en Vicky Landman wou nog ‘n slag ‘n draai by die trekker maak waarmee Martin die terrein binnegebring is. Foto: Jaco Human.
Voordat die span hul besige dag afsluit is daar kans vir ‘n laaste foto saam met leerders en ‘n bok of twee. Agter is Christo Martin, Inezka Rademan en Eben Botha. Voor is Elma Smit, Martin Bester en Liesl Laurie. Foto: Jaco Human.
Hoërskool Bekker-leerlinge wys dat hulle nommer een is! Van agter: Jan Hendrik Combrinck, Rikus Coetser, Quinten Liebenberg, Christy Yeates, Peter Lategan, Zarine Visser en Christo Kotze. Foto: Jaco Human.
Walt Lourens wys hoe gewoond hulle daaraan is om tussen die diere te wees. Foto: Jaco Human.
Hoërskool Bekker-leerlinge wys dat hulle nommer een is! Van agter: Jan Hendrik Combrinck, Rikus Coetser, Quinten Liebenberg, Christy Yeates, Peter Lategan, Zarine Visser en Christo Kotze. Foto: Jaco Human.
Martin Bester, Gomolemo Metseeme en Vicky Landman wou nog ‘n slag ‘n draai by die trekker maak waarmee Martin die terrein binnegebring is. Foto: Jaco Human.
Jakaranda FM se Martin Bester was net te bly om ‘n foto saam met sy aanhanger Blessing Tselapedi te laat neem. Foto: Jaco Human.
Quinten Liebenberg wys sy liefde vir die plaasdiere op hulle skool gronde. Foto: Jaco Human.
Martin Bester bedank Blommie die koei en Hoërskool Bekker se plaasbestuurder Jannie Badenhorst vir dié interessante geleentheid. Foto: Jaco Human.
Quinten Liebenberg en Walt Lourens is aangestel as die toesighouers oor die diere op die veld tydens Jakaranda FM se besoek. Foto: Jaco Human.
Hoërskool Bekker-leerlinge wys dat hulle nommer een is! Van agter: Jan Hendrik Combrinck, Rikus Coetser, Quinten Liebenberg, Christy Yeates, Peter Lategan, Zarine Visser en Christo Kotze. Foto: Jaco Human.
Quinten Liebenberg was gou op sy voete toe dié hoender probeer weghardloop, en Douwneil Kroukamp was net te bly om hom terug te kry. Foto: Jaco Human.
Walt Lourens wys hoe gewoond hulle daaraan is om tussen die diere te wees. Foto: Jaco Human.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za(remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites